GlobalBuzz-SA   

Home Register FAQ Calendar Arcade Mark Forums Read
Go Back   GlobalBuzz-SA > News > Afrikaanse Nuus
Forums Info Storebay Vids Blogs Members Map News Feeds
Follow GlobalBuzz SA on Twitter
Author



RSS Feed

 


 

Suidooserfees 2010 - Gelukkige Sewe Suidooster

Vanjaar is sowaar al die 7de Suidoosterfees. So trots is ons op die fees se groei in kwaliteit en kwantiteit, dat ons vanjaar ‘n terugbring-fees vier, vol gehoorgunstelinge: getroue en geliefde Suidoosterfees-kunstenaars om feesgangers deur die bank te

SUIDOOSTERFEES 2010 - GELUKKIGE SEWE SUIDOOSTER

Vanjaar is sowaar al die 7de Suidoosterfees. So trots is ons op die fees se groei in kwaliteit en kwantiteit, dat ons vanjaar ‘n terugbring-fees vier, vol gehoorgunstelinge: getroue en geliefde Suidoosterfees-kunstenaars om feesgangers deur die bank te vermaak. 

Kyk dus uit vir Vinette Ebrahim en Theodore Jantjies in Vaselinetjie onder regie van Henry Mylne , David Kramer as regisseur van Krismis van Map Jacobs en in sy eie Kaapse Breyani - die volhuistreffer van 2009 - Neels van Jaarsveld in Bure oppie Bank, Terence Bridgett in All Soaped Up, Sandra Prinsloo in Die Naaimasjien – nog ‘n volhuistreffer van 2009 – Emile Minnie in Kaapse Karnaval as ‘n tonekrul-voorspel tot die komende Cape Town Carnival in Maart, Gary Naidoo in ‘n opvolg-Poespas getiteld Sonspel, Francois Bloemhof in die Boekhoek, die Wordwise Kinderfees, Denise Newman in die film Sexy Girls en natuurlik ons eie operadiva, Virginia Davids, in Delicious Divas onder regie van Niël Rademan.

Moet ook nie die Suidoosterfees se nuwelingsterre misloop nie: driemaal Sama-wenner, Lira, die Black Tie Ensemble, nog 7de Laan-geliefdes, Christo Davids en Zane Meas, die Kaapse funky Irit Noble, die energieke Alistair Izobell, die veelbekroonde Amanda Strydom, en ons presidentvereerde Kaapse feeskunstenaar, Peter Clarke.

Die filmaanbod fokus op Distrik 6: die 13 uurlange dokumentêre episodes is ‘n unieke kombinasie van argiefmateriaal, onderhoude en musiek onder leiding van wyle Taliep Pietersen.

Weens die sukses van 2009 se kook-shows, dis ons vanjaar Huiskok Glanskok Live! op van die gelyknamige boek met die bekende kokke Francois Ferreira en Errieda du Toit. Ook op die spyskaart is ‘n koskunsfotografie-uitstalling van die boek se fotograaf en Chris Koch gaan jou met sy feeskringloop-sukses aan whisky en sjokolade laat smul.

FEESPRODUKSIES: Vir datums en tye besoek www.suidoosterfees.co.za of soffees.mobi op jou selfoon.

MUSIEK
David Kramer Se Kaapse Breyani. David en sy plaaslike musikante vermaak die gehoor met banjo, kitaar, mandolien, saksofoon en die ghoematrom. Die produksie is terug op publieke aandrang.
Suidooster Konsert Met Black Tie Ensemble, Virginia Davids en vier wenkore van Kaap-Rapport se 2010 korekompetisie
Alistair Izobell
Lira in Concert
Bedazzled vier dinamiese jong klassieke musici dames
DIE BURGER TENT kom kuier saam met plaaslike jazz-kunstenaars soos Melanie Scholtz, Tanswill Nero, Nomfusi en vriende. Sondag behoort aan plaaslike gospel-kunstenaars asook Zane Meas en vele meer
 
MUSIEKTEATER
Dens Wit Me: wenner van die Ikhwesi-fees van die Baxter-teater
Disco Divaliciuos met Irit Noble en haar hip-hop dansers
Sonspel: onweerstaanbare vermaak deur Gary Naidoo en ander van Poespas 2
Delicious Divas met Virginia Davids, Elizabeth Frandsen en fopdosser Dainti Delischia
Kaapse Karnaval met Emile Minnie en sy orkes

TONEEL
Die Naaimasjien: Die 2009 volhuistreffer Nagtegaal Tekspryswenner Die produksie is terug op publieke aandrang.- UITVERKOOP
All Soaped Up met sepiester Terence Bridgett
Bure oppie Bank: Zane Meas en Neels van Jaarsveld is bure en kyk saam rugby, maar ondersteun verskillende spanne
Vaselinetjie met Vinnette Ebrahim in die rol van Vaselinetjie se ouma en 7de Laan se Zander, Theodore Jantjies
Krismis van Map Jacobs met Christo Davids in die naamrol


FISIEKE TEATER
Bonfire: Hierdie teatermaatskappy rol die produksie voor jou oë uit sonder enige repetisie

WORDWISE KINDERFEES
Kindervermaak en oppasdienste - Hope vermaak daagliks vir kinders van 4-12 jaar oud

BOEKE
Huiskok Glanskok met Francois Ferreira en Errieda du Toit
Ontbyt Met Anoeschka Von Meck skrywer van Vaselinetjie
Tango met Amanda Strydom en Jeanne Els
Boekhoek met Riana Scheepers, Francois Bloemhof, Brandkuiken, 50 Stemme, Tobie Wiese en Adriaan Meyer

Jakes Gerwel Gespreksreeks
Altyd ‘n onderwerp wat stimuleer

KUNSUITSTALLING
Peter Clarke feeskunstenaar
Samarie Smith met kosuitstallings van die boek Huiskok Glanskok

FILMS
Mamza, Tojan, Sexy Girls, Die Posman en 13 O’se Distrik Ses doccies

WORLD CUP FEVER
Sokkeraktiwiteite sal daagliks oor die naweek aangebied word. Jonk en oud is welkom

En slyp jou tande vir ander watertand-verrukkings soos Chris Koch se whisky en sjokolade proevertoning.

Wees deel van die gelukkige sewende fees se vermaak. Lê weg aan heerlike kosse, snuffel in die boekmark en verloor jouself in die daaglikse vermaak op die Piazza.



Related News

 • 

Members's Comments Currently there are no comments.


All times are GMT. The time now is 01:38 AM.


Powered by vBulletin® Copyright ©2000 - 2010, Jelsoft Enterprises Ltd.
© 2007 - 2010 GlobalBuzz Southern Africa All Rights Reserved