Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Vat gou aan jou hare....
#1



Nadat ek Matteus 10:30 gelees het wat vertel dat God selfs die hare op ons kop tel, sê ek nou die dag vir ‘n kaalkop-vriend van my dat hy dit darem deesdae baie maklik vir die Here maak. Daar’s dan niks op sy kop om te tel nie. Nee, ernstig, God is so naby, so intens betrokke by my lewe dat Hy tyd maak om by die detail van my lewe uit te kom. Hy is selfs op hoogte met “onbelangrike” dinge, soos wanneer ‘n haar uit my kop val. Terloops, as jy bevoorreg is om ‘n klompie hare op jou kop te hê – hoeveel van jou hare het deur die nag uitgeval? God weet. Hy gee genoeg om vir jou om sulke detail te weet! Praat van aandag. Praat van intensiewe aandag en voorkeur behandeling!

God pas sy kosbaarste aardse besittings baie spesiaal op. Ons wat deur sy Seun se bloed gekoop is, is sy familie, sy handewerk, sy eiendom. Daarom dat Hy ons koester en versorg. Daarom dat Hy ons dra en beskerm. Vat net weer ‘n slag aan jou kop en weet die Here is naby. Buig dan opnuut voor Hom in groot eerbied.


Vrede

Stephan Joubert

http://www.ekerk.co.za
http://www.echurch.co.za
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)